RIVERSDAL NUUS - Die Sleeping Beauty Kwilters nooi die publiek na hul Kwilt- en handwerkuitstalling van Donderdag 16 tot Saterdag 18 Oktober by die NG Kerk Riversdal-Wes in Heidelbergweg.
Die tye is Donderdag en Vrydag 10:00 tot 16:00 en Saterdag 10:00 tot 12:00.
Lede van die groep spog met ’n wye verskeidenheid kwilts en handwerk, insluitend tradisionele laslapontwerpe en fyn appliekwerk.
’n Hoogtepunt is die groepsprojek Petals & Patches, ’n unieke handgemaakte kwilt wat in ’n gelukstrekking gewen kan word.
Verskeie handwerkwinkels soos Die Loerhoekie, Creative Notions en Country Quilting sal produkte en demonstrasies aanbied.
Toegang is gratis, veilige parkering word voorsien en besoekers kan ook die teetuin met ligte maaltye en verversings geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’