SLANGRIVIER NUUS - Meer as 200 inwoners het Woensdag 9 September, in die plaaslike gemeenskapsaal bymekaargekom om hul kommer en misnoeë oor die toenemende misdaad in die dorp uit te spreek.
Die byeenkoms is deur Tuinroete Distriksmunisipaliteit-raadslid Jobieth Hoogbaard, in samewerking met Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van Polisieoorsig en Gemeenskapsbeveiliging, die Heidelberg- en Da Gamaskop-polisie, Hessequa Munisipaliteit, asook Swellendam Korrektiewe Dienste aangevra en gereël.
Verskeie inwoners het hul misnoeë uitgespreek, veral oor die maklike beskikbaarheid van dwelms, veediefstal, diefstal en inbrake.
Marais en maj.genl. Phumzile Cetyana, Da Gamaskop-distrikskommissaris, het die aanwesiges meegedeel dat die vervalle satellietpolisieperseel se opgradering as ’n prioriteit gelys is en so spoedig moontlik aandag sal geniet.
Meer inligting volg later.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’