RIVERSDAL NUUS - Op Maandag 7 Julie het die eienaar van JC Slaghuis, Anton Swart, sokkertruie aan Hessequa United Legends tydens ’n spesiale geleentheid by sy winkel in Riversdal oorhandig.
Die geleentheid is bygewoon deur raadslid Elias Dayimani, spelers Simphiwe Kolo en Bulelani Joni, sowel as John Charles Swart en ander verteenwoordigers van die klub.
Die gebaar is met groot waardering deur die klub ontvang.
Die borgskap word gesien as ’n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van plaaslike sport en betrokkenheid by die jeug in die gemeenskap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’