STILBAAI NUUS - Die 28-jarige Amy Hanekom van Stilbaai het van 26 - 29 April aan die nasionale skopboks kampioenskappe in Newcastle deelgeneem en 'n gesamentlike derde plek in die senior vroue afdeling verower.
Sy het in die proses ook drie silwer medaljes in verskillende style ontvang.
Amy was lid van die Wes-Kaap span en dit was haar eerste nasionale toernooi, maar hier gaan dit nie stop nie.
Haar volgende mikpunt is om as lid van die Suid-Aftrikaanse span aan die wêreldkampioenskappe deel te neem en dan wil sy uiteindelik ook 'n sensei word om afrigting te doen.
Amy is 'n jong vrou met groot drome, 'n groot hart en deursettingsvermoë en niks sal in haar pad staan om haar drome te verwesenlik nie.
Sy is 'n lid van sensei Victor-Arno Visagie se Stilbaai Kickboxing Academy waar sy getrou elke Dinsdag en Donderdag onder sy toesig oefen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’