STILBAAI NUUS - Stilbaai begraafplaas was Woensdag 3 April behoorlik in rep en roer toe 'n motor in 'n bisarre ongeluk bo-op 'n grafsteen tot stilstand gekom het.
'n Dame wat by haar oorlede man gaan kuier het, het by die boonste hek ingekom, maar toe probeer om by die onderste hek weer uit te gaan.
Die hek was egter gesluit en sy moes noodgedwonge 'n u-draai maak met haar outomatiese motor.
Met die terugstoot het sy haar deur oopgemaak om te kyk hoe ver sy van die grafstene af is.
Toe sy haar weer kom kry staan die motor hoog en droog op die grafsteen.
Die vermoede bestaan dat daar 'n voetfout was, maar gelukkig is niemand beseer nie.
Dit wys maar net dat 'n ongeluk vra nie vir 'n plek nie, maar net vir 'n tyd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’