Video
RIVERSDAL NUUSFLITS en VIDEO - ‘n Stoor in Fritz Grubsingel in die industriële gebied van Riversdal het vanoggend ongeveer 07:00 begin brand.
Redelike skade is aan die stoor skade aangerig.
“‘n Gasbottel het blykbaar aan die brand geslaan en ontplof,” het die hoof van beskermingsdienste aan Suid-Kaap Forum gesê.
Slegs een werker was op die toneel toe die voorval plaasgevind het en dit is in die stadium nie seker of hy beseer is nie.
Die omvang van die skade, asook wat aanleiding gegee het dat die bottel begin brand het, word nog ondersoek.
Kyk 'n video hieronder.
Die stoor behoort aan JC Slagtery.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
VIDEO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'