STILBAAI NUUS - Gerhardt Oosthuizen, prinsipaal van Servamus Eiendomme, het Donderdag 2 April hul splinternuwe kantore in die Plattebosch-sentrum aan 'n klompie uitgelese gaste bekend gestel.
Oosthuizen het in sy toespraak gesê dat hul naam, Servamus, alles sê oor hul besigheidsfilosofie en etiek. Servamus beteken "Ons Dien" in Latyn.
Die 85 eiendomsagente by Servamus - natuurlik nie almal in Stilbaai nie - streef daarna om hul kliënte se behoeftes eerste te stel wanneer hulle begin om die perfekte eiendom te vind of wanneer hulle 'n eiendom verkoop.
Hulle luister, evalueer, gee advies, neem jou wense in ag en kom dan met die perfekte oplossing vorendag.
Oosthuizen sê verder dat Stilbaai en sy mense vir hulle belangrik is, en daarom het hulle besluit om ook hier 'n kantoor te open.
Dit het alles in 2018 in die Klein Karoo begin, met spesifieke klem op plase. In 2022 het Servamus uitgebrei na Riversdal, Stilbaai, Heidelberg, Witsand en Albertinia.
Hulle fokus nie meer net op plase nie en lewer nou 'n omvattende diens.
Die Speaker van die Hessequa-munisipaliteit, Thinus van den Berg, het gesê dat Stilbaai in 'n pragtige deel van die land geleë is, met 'n ekonomie wat voortdurend groei, en dat dit een van die beste munisipaliteite in die land is. Vooruitgang is vir hulle belangrik, en hulle sal Servamus ondersteun soos hulle alle ander besighede in die Hessequa-streek ondersteun.
Kontak Gerhardt Oosthuizen by 083 310 6501 vir enige navrae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’