STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub se getroue ondersteuners staan by hulle deur dik en dun.
Wanneer Seagulls 'n tuiswedstryd speel lei alle paaie na die Melkhoutfontein Sportgronde.
Daai is diegene wat die hoofpawiljoen verkies, want dit is stiller daar. Dan is daar diegene wat elke Saterdag voor die klubhuis, agter die pale sit, want die musiek is daar en dan is daar diegene wat hulle bakkie se agterkant as 'n eie klein losie aanwend. Hier sal jy dan ook die braaivleisvure aantref.
Dit maak egter nie saak waar jy sit nie, want die dreunsang gaan reg rondom die veld as hulle helde opdraf.
Alhoewel Seagulls nog hulle voete vind in die topliga is hulle ondersteuners bankvas agter hulle en dra hulle behoorlik deur elke tuiswedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’