STILBAAI NUUS - Met nog drie wedstryde oor om te bepaal wie in die top-agt speel vir die res van die seisoen is vanmiddag, 21 Junie, se wedstryd belangrik vir albei spanne.
Groot Brakrivier lê tans agtste met 14 punte en Seagulls lê 10de met 10 punte.
'n Bonuspunt wen kan Seagulls met 15 punte los en Groot Brakrivier nog steeds op 14, wat die laaste twee wedstryde netso belangrik gaan maak.
Rugby word egter nie op papier gewen nie, maar op die veld en met 'n mooi dag wat vir die weer voorspel word het Seagulls elke ondersteuner in Melkhoutfontein en Stilbaai nodig om hulle aan te moedig.
Die C-spanne skop om 13:00 af en Seagulls verdien vol pawiljoene met elke tuiswedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’