STILBAAI NUUS - Willie Schoombee, 'n bekende gesig in Stilbaai, se eerste digbundel, Rooi Papawers, het pas verskyn en die ink is nog nie behoorlik droog nie, maar hy het al drie maal boeke bestel om voor te bly.
Die bundel bestaan uit 144 gedigte, wat in 'n paar verskillende dele opgedeel is en dit sluit af met 'n tong in die kies verhaal van die reis van 'n posseël.
As jy lief is vir die Karoo sal jy hierdie bundel geniet en jy kan aanvoel dat Willie se hart in hierdie lekkerlees digbundel is.
Rooi Papawers kan direk bestel word op die Groep 7 webwerf of dit kan by Willie gekoop word teen R150 per boek. Sy nommer is 082 789 9975.