RIVERSDAL NUUS - Die voorlaaste skof van die tweejaarlikse Sasol Solar-uitdaagren het laatmiddag op Donderdag 15 September in Riversdal geëindig met inwoners en veral skoolleerders wat die spanne opgewonde by Laerskool Volschenk ingewag het.
Dit was die eerste keer wat Riversdal kans gekry het om gasheer te speel vir die Sasol Solar-brigade.
Een van die groot sleutelfokusse van dié ren is om 'n bewustheid te skep van hernubare en volhoubare energie en veral om 'n belangstelling in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde by soveel jongmense as moontlik aan te wakker.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'