HEIDELBERG NUUS - Die 63-jarige afgetrede plaaslike polisielid en sy 40-jarige medebeskuldigde van Vredenburg is gister, Maandag 29 Julie, borgtog van R2 000 elk toegestaan.
Die twee het gister vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle verlede Donderdag en Vrydag by hul huise in hegtenis geneem is.
Hul arrestasies hou verband met aanklagte van bedrog, sameswering om bedrog te pleeg, korrupsie asook 'n aanklag van regsverydeling. Dit spruit uit 'n ondersoek na padwaardigheidsertifikate vir swaarvoertuie wat op verskeie dorpe uitgereik is.
Beide moet twee keer per week by hul onderskeie polisiestasies aanmeld en ook geen kontak maak met die twee getuies van die Wes-Kaapse mobiliteitsdepartement en provinsiale verkeer nie.
Die saak teen hulle is tot Maandag 2 September vir verdere ondersoek uitgestel.
Nog arrestasies word verwag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’