Die stasie spog met 'n groot groep kinders tussen die ouderdomme van sewe tot 12 wat deel uitmaak van dié akademie. Hulle is deur Rico Menezies
(stasiebevelvoerder: NSRI Stasie 31) onder die vlerk geneem. Hy maak hulle touwys in alles wat belangrik is by seeredding.
"Ons leer hulle wat die ouer vrywilligers leer, net op 'n stadiger en kleiner skaal en natuurlik oor 'n langer periode." Hy kombineer teorie en praktyk in dié leersame sessies. Dit fokus eerste op veiligheid, dus word gewoonlik op die konsep van een volwassene per kind of op die meeste twee kinders per volwassene gewerk.