HEIDELBERG NUUS - Die rugbykoors loop hoog hier op dié dorp in afwagting van die bulstryd tussen Heibi en Silver Stars van George.
Die besoekers is die huidige naasvoorlopers op die SWDRU Superliga A-punteleer.
Dit is bekend dat Silver Stars hulle reeds sedert gisteraand hier op die dorp kom tuismaak het.
Daar is ook veranderinge aan die tuisspan aangebring ná die terugkeer van verskeie spelers wat nou weer vir die klub beskikbaar is.
Volgens beide spanafrigters is hul spanne slaggereed om hul lojale ondersteuners met aanskoulike rugby groot genot te verskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’