RIVERSDAL NUUS - Rovic Leers het 'n 7-tand beitelploeg aan die Hoër Landbouskool Oakdale geskenk wat broodnodig is vir die landbouonderrig van leerders aan die skool.
Willem du Buisson, skoolhoof, sê hul opregte dank en waardering aan Rovic Leers vir hul visie in landbou-onderrig met die skenking van 'n 7-tand beitelploeg aan die skool.
"Mag die vennootskap en belegging in ons seuns as toekomstige landbouers ‘n groot opbrengs lewer."
‘n Spesiale woord van dank aan Lindsay Green (besturende direkteur), Simon Dicks (bemarkingsbestuurder), Philip Oosthuizen (besigheidsbestuurder) en Jaco Erasmus (streekbestuurder) van Rovic Leers.
By die amptelike oorhandiging van die plaasimplement was, van links: Hennie Uys (suiwelbestuurder), Jaco Erasmus (streekbestuurder), Simon Dicks (bemarkingsbestuurder), Lindsay Green (besturende direkteur), Willem du Buisson (Hoof), Philip Oosthuizen (besigheidsbestuurder), Marco Steyn (onderhoofseun), Jac Saayman (beheerliggaamvoorsitter), Zandré Conradie (hoofseun) en Paul Pienaar (buiteplaasbestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'