RIVERSDAL NUUS - 'n Saterdagmiddaguitstappie op die Kristalkloof-wandelpad net buite die dorp het vir nege Riversdallers in 'n nagmerrie ontaard toe hulle verdwaal het.
Teen donker het hulle nie geweet of hulle herwaarts of derwaarts moes stap om hulself uit die verknorsing te stap nie. Om ernstige beserings in die stikdonkerte te vermy het hulle besluit om skuiling te soek en op hulp te wag.
Reddingspanne van EMS, Garcia MTO Bosbou en die plaaslike polisie het hulle ná 29 uur bereik en hulle van die berg af na veiligheid teruggebring.
Daar was groot vreugde en ook trane toe hulle met hul familielede verenig is. Veral trane van dankbaarheid teenoor die reddingspanne wat hulle van die traumatiese ontbering gered het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’