RIVERSDAL NUUS - Die vrou van Riversdal, wat in verband met die moord op die bekende sportman, Granwin Scholtz (34), aangekla word, het Maandag 20 Julie in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die saak is ná ’n vlugtige verskyning tot Woensdag 19 Augustus in die streekhof uitgestel.
Althea van den Berg (37) staan tereg op aanklagte van moord en regsverydeling ná Scholtz se dood op 16 Junie 2024.
Die egpaar, Burneth en Maurichia Afrika, is reeds vroeër in Januarie vanjaar, onderskeidelik tot 15 en vyf jaar gevangenisstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by die misdaad wat tot Scholtz se dood gelei het.
Burneth Afrika is aan moord skuldig bevind, terwyl Maurichia Afrika vir regsverydeling gevonnis is.
Van den Berg is tydens haar vorige hofverskyning op borgtog van R400 onder streng voorwaardes vrygelaat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’