Gallery
RIVERSDAL NUUS - Riversdal-stasie is al lank vir inwoners ‘n steen des aanstoots omdat dit verwaarloos is en as onveilig beskou word.
Die gebou wat uit 1936 dateer, is in ‘n haglike toestand en al die deure en versters is toegemessel en agter slot en grendel om kwaaddoeners uit te hou.
Dit keer hulle egter nie om graffiti op die mure aan te bring nie en hope leë plastiekwynbottels dui ook aan dat dit ‘n drinkplek is.
Maar oor twee maande sal inwoners weet waarheen die stasie gerangeer gaan word as die munisipaliteit hul planne bekendmaak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'