RIVERSDAL NUUS - ’n Merkwaardige mylpaal is Vrydag 6 Junie gevier toe tannie Elizabeth Moolman haar 112de verjaarsdag saam met familie en vriende herdenk het.
Dié buitengewone geleentheid het plaasgevind by haar dogter se huis, waar drie geslagte en verskeie gemeenskapslede saamgetrek het om hulde aan haar lang lewe te bring.
Elizabeth is op 6 Junie 1913 in Riversdal gebore en het haar lewe lank ’n vaste anker in die Hessequa-gemeenskap gebly. Volgens haar kleindogter, Elisma Moolman, is haar ouma steeds helder van gees en vol lewenswysheid.
Hessequa-burgemeester, Grant Riddles, het Vrydagoggend ’n spesiale besoek aan haar gebring en haar namens die hele munisipaliteit gelukgewens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’