RIVERSDAL NUUS - ‘n Vriend, kollega, boer en vader van ses kinders is Saterdag 16 Julie onverwags oorlede.
André van Staden (Andries Johannes Stephanus) is op 65-jarige ouderdom ná vermoedelik 'n hartaanval oorlede.
André was die grootste deel van sy lewe in Thabazimbe en Pretoria woonagtig waar hy as elektrisiën gewerk het.
Die laaste sewe jaar van sy lewe het hy in Riversdal gebly waar hy 'n gewilde en bekende in landboukringe was.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'