Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die brande in die Sleeping Beauty-bergreeks, Garcia-pas en Kruisrivier-omgewing is steeds nie onder beheer nie.
Verskeie mense moes reeds hul huise ontruim en van die perdeplase in die omgewing staan ook die gevaar om in die brand se pad te kom.
Hessequa-brandweer, Working on Fire, SCFPA, Garden Route-distriksmunisipaliteit, Kobus Crous van Mossel Bay Helicopters, Goukou-plaaswag en plaasbewoners is besig om die vuur onder beheer te probeer bring.
Volgens joernalis San-Marié Cronjé wat op die toneel is, is dit ’n skrikwekkende gesig.
Kyk 'n video hieronder.
Die brande in die Sleeping Beauty-bergreeks, Garcia-pas en Kruisrivier-omgewing is steeds nie onder beheer nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'