RIVERSDAL NUUS - Die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Ricardo Mackenzie, het Riversdal se biblioteek besoek tydens die viering van die biblioteek se 165-jarige bestaan op Maandag 20 Januarie.
In sy gelukwensing het hy klem gelê op die belangrikheid van lees en dat die liefde vir lees by die kinders gekweek moet word.
Panorama Primêr se skoolkoor het met twee pragtige liedere die gaste in vervoering gehad, maar ongelukkig was daar nie tyd vir nog 'n paar liedere nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’