Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Welkome reën het Dinsdag 12 November in die dorp uitgesak.
In die dorp is 30 mm gemeet.
Die buie, wat met donderweer gepaard gegaan het, was hopelik die voorloper van nog reën wat vir die streek voorspel is. Garden Route-distriksmunisipaliteit het 'n waarskuwing gerig dat swaar reën en oorstromings in die Tuinroete laat Dinsdag tot vroeg Woensdag kan voorkom.
Fotogalery: Reën bring verligting
Die vlak van die Korentepoortdam was Maandag 11 November 44%, 2,7% laer as op 4 November toe dit 46,7% was. Vlak 3 waterbeperkings geld van 1 November in die hele streek buiten kusdorpe waar die perk van 15 Desember tot 15 Januarie van krag is.
Volgens Agri SA het die droogte in die Wes-Kaap 'n groot invloed op die totale landbouproduksie in die land gehad. Weens die voortslepende droogte het die provinsie se uitvoere met 25% gedaal.
Landbourolspelers vanoor die hele land het Dinsdag in Pretoria bymekaar gekom om die uitwerking van die droogte op die graan-, rooivleis- en wildbedryf te bespreek.
Die water spat van dankbaarheid in Heidelbergweg, Riversdal. Foto: Deona Aucamp
Die dreindeksel in Kerkstraat borrel soos 'n vrolike fontein,
Die water spat met 'n boog in Kerkstraat. Foto: Tisha Steyn
Lees 'n vorige artikel: Sluise van die hemel bring lafenis
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'