RIVERSDAL NUUS - Becca's-sopkombuis het verlede week nog hulp gekry.
Riversdal-inwoner Danni Strydom, het twee Wonderbags geskenk om dinge makliker en goedkoper in die kombuis te maak.
Die Wonderbags sal haar gasverbruik aansienlik verminder, want die kos wat in potte voorberei word, word net tot by kookpunt gebring waarna dit in die sakke geplaas word.
Dit kan dan vir tot drie ure lank aan die kook bly.
Sop, rys en bredies kook dan op hulle eie totdat dit gaar is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’