RIVERSDAL NUUS - Die Hessequa-munisipaliteit het sy konsepbegroting (2024 tot 2027) goedgekeur.
‘n Werkerkorps van 605 permanente werknemers en 52 korttermynkontrakwerkers is gewillig en gerat om dienslewering te verbeter.
Die totale begroting beloop R931,940,072. Die bedryfsbegroting beloop R737,167,372 en die kapitaalbegroting R194,772,700.
Die personeelkoste vir munisipale amptenare beloop R246,636,778.
Die begroting is met die raad se meerderheidstem goedgekeur. Die ANC het daarteen gestem en die PA en VF+ het buite stemming gebly.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’