HESSEQUA NUUS - 'n Inisiatief deur Hessequa-toerisme het ten doel om toerisme nader aan gemeenskappe te bring.
Hessequa-toerisme is besig met ‘n opwindende gemeenskapsprojek ter voorbereiding van die feesseisoen en die gepaardgaande Hessequa-munisipale N2-verwelkomingsprojek.
Leerders van verskeie primêre, asook laerskole is besig om geskenksakkies te verf met ‘n toerismetema, uniek aan Hessequa.
Dit sal saam met die ander toerisme inligting aan N2-motoriste op 15 Desember uitgedeel word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'