Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die plaaslike landroskantoor wat voorheen een van dié dorp se pragstukke was, is nou een van die mees verwaarloosde persele op die dorp.
Die toestand van die gebou en tuine wat menige toeris gelok het om foto's op die perseel te neem, het oor die afgelope jaar of twee erg skade gely.
Dié toedrag van sake het veral oor die laaste ses maande hewig toegeneem.
Die toestand van die gebou buite is ook in ’n haglike toestand.
Die koerant het navrae aan Mariette Jonck, bestuurder op Riversdal en waarnemende bestuurder op Heidelberg, Mogammed Cerfonteyn, areabestuurder:
George, asook aan adv. Hishaam Mohamed, Wes-Kaap bestuurder gerig, maar teen spertyd geen terugvoering ontvang nie.
'n Navraag oor die toestand van die landroshuis in Reitzstraat, Riversdal is ook aan Mohamed gestuur, sonder enige terugvoer.
Die haglike toestand van die geute en mure.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'