Update
HEIDELBERG NUUS - Een van Heidelberg-polisie se lede, sers Landi Malgas, is Saterdag, 4 Julie oorlede.
Die 35-jarige Malgas, 'n boorling van Oudtshoorn, het haar stryd teen melanoomkanker in die Medikliniek op Oudtshoorn verloor.
Volgens haar broer Cheslin, is melanoomkanker tydens haar swangerskap onder haar vel ontdek en het sy intensiewe behandeling tydens en na die swangerskap ondergaan. Hy noem dat sy baie pyn verduur het.
Malgas is op sosiale media as baie saggeaard, vriendelik, dog iemand wat haar standpunt baie ferm kon toepas, beskryf. Volgens speurder-sersant Andries Olivier het sy altyd geglimlag en haar kant gebring. "Die polisiefamilie is armer, maar die hemel is ryker. Daar is min soos jy, geen wonder die Vader het jou vir Hom kom haal," lui sy Facebook-plasing. Sy is Sondag in haar tuisdorp te ruste gelê.
Die begrafnisdiens is Donderdag, 9 Julie met 'n troosdiens in die Bridgton AGS Kerk voorafgegaan.
Dit is deur al haar plaaslike kollegas bygewoon.
Van hulle was ook by die diens op Oudtshoorn. Buiten haar broer laat sy haar twee maande oue seun Kyle, haar ouers Arthur en Hendrina, asook haar suster, Mauritta, agter.
Vorige artikel: Polisielid verloor haar kankerstryd
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'