HEIDELBERG NUUS - Een van Heidelberg-polisie se lede, sers Landi Malgas, is Saterdag, 4 Julie oorlede.
Die 35-jarige Malgas, ‘n boorling van Oudtshoorn, het haar stryd teen melanoomkanker in die Medikliniek op Oudtshoorn verloor.
Sy is Sondag in haar tuisdorp ter ruste gelê. Die begrafnisdiens is Donderdag, 9 Julie met ‘n troosdiens in die Bridgton AGS Kerk voorafgegaan.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'