HESSEQUA NUUS - Sers. JM Spangenberg en konst. Christiaan Zwiegelaar is onlangs tydens die Suid-Afrikaanse polisiediens se erkenningsaand vir hul harde werk vereer.
Spangenberg is uit 151 stasies in die Wes-Kaap geïdentifiseer. Hy kry 'n derde plek vir Vispol-werknemer van die jaar.
Zwiegelaar is 'n konstabel van Stilbaai-polisiestasie. Hy ontvang 'n tweede plek vir 'Catch of the Year'.
Beide polisiemanne het deur die loop van jaar verskeie geharde dwelmhandelaars vasgetrek. Spangenberg het gesê: "Baie vrye tyd waarvoor ons nie betaling ontvang of later tyd af kry nie, word gebruik om hierdie soort arrestasies te kan maak."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'