HESSEQUA NUUS - ‘n Wit Toyota Corolla met ‘n CAA-registrasienommer met manlike insittendes word met ‘n paar voorvalle verbind waar hulle probeer om veral vrouens sover te kry om te stop, dalk met die doel om hulle te beroof.
“Die jongste voorval was vandag op die Gourits-pad, maar gelukkig het die dame kopgehou en bly ry. Die mans gee waarskynlik voor dat daar ‘n fout met die vrou se voertuig is om haar sover te kry om van die pad af te trek,” sê kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie.
Sy waarsku vrouens om waaksaam te wees en enigiemand wat die voertuig opmerk, moet die polisie dadelik skakel (028 735 8050/10111).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'