STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-polisie is besig met 'n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van 'n 21-jarige man, bekend as Ntwintle Thonjeni, in 'n uitgebrande struktuur in Khanene, Melkhoutfontein aangetref is.
Volgens die polisie hou die voorval verband met die verwoestende brand waarin sowat tien strukture op Saterdag 11 Julie in puin gelê is.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend en word tans ondersoek.
Die polisie het bevestig dat ondersoeke na sowel die oorsaak van die brand as die omstandighede rondom Thonjeni se dood voortduur. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die Stilbaai-polisie by 028 754 6100 te kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’