Hieronder volg 'n paar wenke deur die plaaslike polisie om die veiligheid van plaasinwoners en hul besittings veiliger te maak:
Wenke
* Kry 'n veligheidsplan in plek by jou woning sou daar iets gebeur. Sorg dat jou familie weet wat om te doen;
* Raak betrokke by misdaadvoorkomingsaksies en -organisasies.
* Moenie enige persoon in diens neem nie. Stel die agtergrondgeskiedenis van die persoon vas;
* Hou rekord van persone wat by jou werk en bekom 'n foto en 'n afskrif van die persoon se identiteitsdokument (ID). Hou hierdie besonderhede al het die persoon jou diens verlaat;
* Ken jou bure se telefoon- en selfoonnommers;
* Sluit jou woning se deure en vensters sodra jy dit verlaat;
* Sorg dat jou vuurwapen altyd in die kluis toegesluit is as dit nie onder jou direkte beheer is nie;
* Hou die kluissleutel onder jou direkte beheer;
* Implimenteer 'n stelsel op jou plaas om toegangsbeheer te monitor;
* Oorweeg 'n effektiewe alarmstelsel vir die woning/plaas;
* Ken jou plaasnommer op die geel bordjie by plaasingang;
* Vra iemand betroubaar om na jou plaas om te sien indien u weggaan met vakansie;
* Hou rekord van reeksnommer beheerde items en hou die nommers op 'n veilige plek;
* Kry 'n stelsel in plek om die gebruik van brandstof en veevoere op jou plaas te beheer;
* Tel jou vee gereeld, verkieslik twee keer 'n week (byvoorbeeld elke Maandag en Vrydag);
* Sorg dat jou vee op die wetlik voorgeskrewe wyse gemerk is. Voorkoming is beter as genesing;
* Oorweeg die aanskaf van die 'skaapharnas' indien jy veediefstal vermoed op jou plaas;
* Rapporteer misdaad aan jou naaste polisiestasie;
* Rapporteer verdagte voertuie en persone;
* Vergoed vertrouelinge op jou plaas wat inligting oor onwettighede verskaf;
* Moedig werknemers aan om inligting te verskaf oor verdagte omstandighede;
"Almal word aan misdaad blootgestel en enige persoon kan 'n slagoffer daarvan word," maan a.o. Oosthuizen.
Kontaknommers in geval van nood
Hou hierdie nommers altyd byderhand en indien moontlik, memoriseer dit:
- Riversdal polisie: 028 713 8500/10111
- Landelike sektorbestuurder: 082 522 2589
- Ambulans: 10177