Gallery
HEIDELBERG NUUS - Nagenoeg 40 kleuters van Kleine Pikkewyne-kleuterskool op Heidelberg het ’n besoek aan Mierfonteinplaas gebring om meer oor die plaaslewe te wete te kom.
Die plaaseienaar, Annatjie Keyser het hulle op ’n toer deur die plaas geneem en verduidelik wat elke dier se rol op die plaas is.
Volgens Page was dit ’n leersame besoek en kon die kleuters die volgende dag by die skool nie uitgepraat raak oor die uitstappie nie.
Sy spreek hul opregte dank teenoor Keyser uit, asook die buseienaar wat hulle na die plaas vervoer het.
Die kleuters pronk op die grasperk met hul opvoeders, Heile Williams en Annie Roberts met hul aankoms op die plaas.
Die kleuters en hul prinsipaal, me. Dottie Page in die agtergrond.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'