STILBAAI NUUS - Alle paaie lei weer Saterdag 27 April na die Gemeenskapsaal in Stilbaai.
Pikkewouter Kleuterskool se jaarlikse potjiekos kompetisie gaan weer vir vet pret sorg en dis nou tyd om jou reseppie af te stof en die potte in te smeer.
Hierdie is 'n belangrike fondsinsamelings projek en Stilbaai se ondersteuning is broodnodig.
Inskrywings is gratis en jy betaal slegs R100 per ete.
Skakel vir Karlien by 082 656 4363 of vir Martjie by 076 873 8240.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’