STILBAAI NUUS - Pikkewouter Kleuterskool het na verlede jaar se stortreen besluit om hulle datum aan te pas vir hierdie jaar se potjiekos kompetisie en dit het gewerk.
The Originals het Saterdagaand 27 April tevrede huistoe gegaan nadat hulle seekospotjie aangewys is as die beste van die dag.
Kort op hulle hakke was Autotech Stilbaai met hulle koedoe potjie en in die derde plek was dit Engen Rebels met hulle kerriepotjie.
Aan die einde van die dag was Pikkewouter die groot wenner aangesien hierdie fondsinsameling 'n reuse sukses was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’