Update Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die skool se Eco-klub het 'n kompetisie van stapel gestuur waar leerders en ouers soveel EcoBricks as moontlik voor die einde van November bymekaarmaak.
'n EcoBrick is 'n groot plastiekhouer wat volgestop word met artikels wat nie herwin kan word nie. Dit sal dan gedurende die Desembervakansie gebruik word om 'n skuiling vir hulle buitespeelgoed te bou.
Die klas wat die meeste het gaan 'n melkskommelpartytjie by 'n gewilde koffiewinkel in Stilbaai wen. Die kompetisie spruit uit 'n projek wat vroeër vanjaar van stapel gestuur is om kinders oor herwinning te onderrig. EcoBricks word wêreldwyd reeds ingespan om tot selfs huise en ander strukture te bou.
Die belangrikste vraag wat gevra word wanneer 'n EcoBrick gestop word, is of die material herwinbaar is? As die antwoord nee is, word dit opgesny in kleiner stukkies en word die EcoBrick daarmee gestop. Die afval moet ook skoon en droog wees.
Hoewel enige plastiekbottel gebruik kan word, gebruik die skool net 2 liter Coke- en 2 liter melkhouers omdat hulle eenvormigheid in die 'boumateriaal' soek om sodoende die sterkste strukture te kan bou.
Kyk 'n video hieronder:
Die toets om te sien of die 'steen' reg is om gebruik te word, is vir 'n volwasse persoon om met sy volle gewig daarop te staan. As dit nie induik nie, is dit gereed om afgegee te word by die skool.
Die kleuterskool nooi die gemeenskap uit om deel te word van die projek deur hul volgestopte plastiekbottels in die Blue Skip-houer by die skool te plaas. Kyk gerus na die video na 'n demonstrasie van hoe om die steen te maak.
EcoBrick
Lees 'n vorige artikel: Kleuterskool herwin met 'stene'
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'