JONGENSFONTEIN NUUS & VIDEO - ‘n Boer van Daniëlskuil in die Noord-Kaap het besluit sy perde moet die see sien – en dit was die begin van ‘n epiese rit met ‘n perdekar wat oor meer as ‘n duisend kilometer gestrek het.
Gedurende die Paasnaweek van 2018 het hulle die beoogde roete met ‘n bakkie gery en die groot beplanning het begin.
Japie Steyn, sy vrou Tersa en hulle vriende Pierre en Elrina Cilliers het middel Maart saam met drie helpers ‘n perdekar en 11 perde vanaf die Lime Acres-Griekwastad kruising weggetrek.
Op 28 Maart het hulle stokflou, maar doodgelukkig op Jongensfontein arriveer.
Hulle het Saterdagoggend 30 Maart die terugtog aangepak, maar daar is baie ferm verklaar: “Hierdie keer is dit padlangs!”
Kyk 'n video hieronder:
Vrystaat en Action wat die laaste skof getrek het.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'