HEIDELBERG NUUS - Die jaarlikse Heidelberg-landbouskou het weereens verskeie spogperde en ponies na die verskeie afdelings gelok.
Suid-Kaap Forum se korrespondent, Clive Pretorius, het daar gaan inloer om te sien wat vanjaar se program alles bied.
Benewens die perdeskou, het die leerders van Kleine Diamantjies-kleuterskool asook Hoërskool Heidelberg en Kairos Senior Sekondêr aan afloswedrenne deelgeneem.
Die meisies van Kleine Diamantjies het die seuns in hul wedloop geklop, terwyl Hoërskool Heidelberg se atlete stof in hul teenstanders se oë geskop het tydens hul wedloop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’