HEIDELBERG NUUS - Die dorp en die Hessequastreek, veral die ambulanssektor, het onlangs afskeid geneem van hul bestuurder, Donovan Newman, wat ná 12 jaar diens na Vredenburg EMS oorgeplaas is.
Sy vrou en kollega, Natalie, bly nog tot die einde September aan voordat sy by hom aan die Weskus gaan aansluit.
Newman se kollegas het hom Donderdag 25 Julie uit die dorp vergesel om sy loopbaan as subdistrikbestuurder in die Weskus voort te sit.
Sy pos sal tydelik deur die subdistrikbestuurder van Mosselbaai, me. Avontuur gevul word.
Sy kollegas het hul spyt uitgespreek oor die verlies van sy leierskap en passie, maar wens hom alle voorspoed toe in sy nuwe pos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’