STILBAAI NUUS - Die uitvoeringsdatums van die langverwagte Passiespel wat deur die gemeenskappe van Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein aangebied word, is 12 en 13 April.
Dit word in die plaaslike gemeenskapsaal aangebied en alle toegangsgeld sal in die gemeenskap teruggeploeg word.
Enigiemand wat nog geldelik wil bydra, is welkom om 'n betaling in die bankrekening te maak. Die rekeningbesonderhede is Nedbank: Passiespele, rekeningnommer 1174408537.
Kaartjies sal vooraf te koop wees by die AGS- en NG-kerke op die dorp, asook by die boekwinkel, Tabeel.
Vir meer inligting, skakel Pieter Lategan by 082 808 6559.
- Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'