STILBAAI NUUS - Die aktiwiteitsekspo wat deur die Stilbaai biblioteek gereël is het heelwat belangstellendes gelok.
Die leerders van Paideia het veral belanggestel in die radiobeheer vliegtuie se uitstalling en die skryfkring het ook baie belangstelling gelok.
Die vliegklub het vlug simuleerders op 'n paar skootrekenaars gehad en die leerders het behoorlik tougestaan vir 'n beurt.
Alhoewel die uitstallers slegs 'n handjievol was van dit wat Stilbaai bied was daar tog iets van alles.
Van die leeskring af verby die seëlklub tot by karate was daar 'n wye verskeidenheid dinge om te doen.
Hopelik sal nog meer klubs en organisasies volgende jaar die geleentheid gebruik om hulleself bekend te stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’