STILBAAI NUUS - Neubloom bied op 24 en 25 April 'n Smash the Stigma-padeltoernooi in Stilbaai aan.
Die toernooi is Vrydag van 13:00 tot 20:00 en Saterdag van 09:00 tot 16:00 en almal is welkom.
Heelwat pryse en ook 'n gelukstrekking is op die spel en inskrywingsgeld is slegs R300 per persoon.
Outisme is 'n neurobiologiese ontwikkelingsteuring wat hoofsaaklik deur sosiale, kommunikasie- en gedragsprobleme gekenmerk word.
Gevalle van outisme neem wêreldwyd toe. Tog is die simptome van dié toestand soms so vaag dat ouers en selfs medici nie altyd verstaan wat 'n kind makeer nie.
Outistiese kinders, tot die ouderdom van 21 jaar, het minstens twee weeklikse terapie en ondersteuningsessies nodig en daarom beoog Neubloom sentrums waar hierdie terapie verskaf kan word en hulle oogmerk is om die eerste sentrum in Stilbaai op te rig.
Ondersteun 'n goeie doel en kom speel padel in Stilbaai hierdie naweek.
Kontak Stilbaai Padel by 076 501 9221 om te bespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’