RIVERSDAL NUUS - Jacqueline Horn het besluit om voorwaar voorwaarts te woeker. Dié oud-Riversdaller het haar pas by die opvoederskorps van Voorwaarts Primêr aangesluit.
Sy is een van 27 opvoeders wat vanjaar rigting aan 920 leerders by die skool moet aangee.
Sy is een van slegs twaalf nuwe opvoeders wat vanjaar deur die departement van onderwys in die Hessequa-streek by sewe van die elf openbare primêre skole aangestel is.
Jacqueline het haar onderwysgraad verlede jaar in intermediêre fase-onderrig aan CPUT verwerf.
Sy is ‘n gr. 4-opvoeder en sal Afrikaans-huistaal en sosiale wetenskappe aanbied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’