MELKHOUTFONTEIN NUUS - Dit gaan baie goed met baba van Rheenen wat op 29 Desember in 'n motor gebore is.
Suid-Kaap FORUM het gaan inloer by die kleinding, Joshie (twee weke), sy ma, Maria (39) en Rosina Bito (59) wie bystand verleen het tydens die geboorte.
Bito vertel dat sy vir jare reeds vrywillig die mense van Melkhoutfontein help, veral nadat sy twee jaar op die ambulans gewerk het. Sy vertel dat toe sy by Van Rheenen se huis opdaag was sy reeds in kraam.
Bito gaan voortaan vir Maria Dyason help met die gestremde kinders van Melkhoutfontein by Villa Rosa wat geleë is in die ou kliniek op Melkhoutfontein. Sy het egter die hulp van die gemeenskap nodig.