STILBAAI NUUS - Die 102-jarige oom Inus van Rooyen is op Vadersdag 16 Junie skielik en onverwags oorlede.
Oom Inus wat in die Carewell Versorgingsoord in Stilbaai gewoon het is in 2021 toe hy 100 jaar oud geword het met 'n sertifikaat deur die uitvoerende burgemeester van Hessequa Munisipaliteit, Grant Riddles, vereer.
Met die verkiesing op 29 Mei 2024 het oom Inus, wat op 8 November 103 jaar oud sou wees, sy kruisie gaan trek by die Gemeenskapsaal in Stilbaai.
Sy lewenspassies was diens aan sy Skepper, gesin, kerk, volk en vaderland.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’