Update
WITSAND NUUS - 'n Water ontsoutingsprojek is vir dié kusdorp geïdentifiseer.
Hessequa-munisipaliteit het die Hessequa Innovasie Helix in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch geskep om innoverende oplossings in werking te stel.
Koste verbonde aan die deurvoer van die projek beloop R9 miljoen, waarvan die Franse Tesourie aangedui het dat hulle 50% van die voorgestelde Witsand-ontsoutingsaanleg kan finansier.
Die munisipaliteit het aansoek by die Wes-Kaapse droogtehulpfonds vir plaaslike regering gedoen om die oorblywende 50% finansiering te bekom.
Genoemde departement het skriftelik bevestig dat dit hul voorneme is om die projek te help finansier, onderhewig aan die finale goedkeuring van kabinet.
Die burgemeesters-komitee het tydens 'n uitvoerende burgemeesterskomiteevergadering in Oktober 2017 hul ondersteuning vir die loodsprojek bevestig, onderworpe aan goedkeuring van die toekennings-finansiering en dat die projek geen finansiële implikasies vir die munisipaliteit inhou nie.
Wat is ontsouting?
Dis 'n proses wat minerale komponente uit soutwater verwyder om water te produseer wat vir menslike verbruik of besproeiing geskik is.
Hierdie water moet aan die Sana-standaarde voldoen.
Die hoofdoel van 'n ontsoutingsprojek is om seewater vir grootskaalse munisipale gebruik te ontsout.
Hierdie tegnologie en prosesse sal watersekuriteit vir duisende mense in die streek bied.
Lees 'n vorige artikel: Ontsoutingsaanleg vir Hessequa
ARTIKEL & FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'