STILBAAI NUUS - Sondag 10 November is 'n dag van onthou vir elkeen wat 'n geliefde of vriend in militêre skermutselings verloor het.
'n Kort kranslegging- of kruisplantseremonie sal om 10:45 by die skietbaan op dié dorp gehou word.
Kleredrag is uniform of slentersjiek ('smart casual'). Eie stoele moet voorsien word. Na afloop van die verrigtinge is almal welkom vir 'n bring-en-braai.
Navrae kan aan Richard Webb by 082 902 9098 gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'