Gallery Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Solidariteit Helpende Hand se nuwe welsynswinkel in Heidelberg, wat onder die vaandel, Ons Winkel handeldryf, het Maandag, 15 Maart geopen.
Ons Winkel, geleë in Fouriestraat 41 is deel van amper 90 soortgelyke skenkingswinkels landwyd.
Anna-Marie Hughes, eienaar van Ons Winkel het gesê: "Ons sien daarna uit om 'n verskil in Heidelberg se gemeenskap te maak en ons verwelkom alle inwoners met ope arms." Delmarda Swart is die vriendelike winkelassistent wat elkeen welkom sal voel.
Fotogalery: Nuwe winkel op Heidelberg
Enigiets kan by Ons Winkel afgegee word; van klere, meubels, oudhede, kombuisware, klere, beddegoed, gordyne, speelgoed, skoene, sporttoerusting en tegnologiese ware of enigiets anders wat in die pad staan.
Kyk 'n video hieronder:
Hierdie goedere word in geld omskep, wat onder meer vir Helpende Hand se studiefonds benut word. Die studiefonds bied rentevrye studielenings aan behoeftige studente wat kwalifiseer om verder te gaan studeer, maar nie die nodige geld het om dit te doen nie.
Die opbrengs word ook vir verskeie ander projekte gebruik wat daarop gemik is om armoede te verlig, te verbreek en te voorkom.
"Saam en in 'n japtrap kan ons almal 'n groot verskil in die gemeenskap maak. Stap bloot net by die winkel in en koop of skenk iets. Dit is die ideale manier om van oorbodige huisware ontslae te raak en te weet dit gaan reg aangewend word om 'n verskil in die gemeenskap te maak," sê Hughes.
Vorige artikel: Helpende Hand open winkel in Heidelberg
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'