Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Leerders, wat weens die Covid-19-inperkingstyd nie gereelde maaltye by skole kan kry nie, het Woensdag 8 April by 10 primêre skole in die streek en Klein-Karoo kos gekry.
Die Wes-Kaap onderwysdepartement het geld bewillig om die gewysigde skoolvoedingsprogram tydens die grendeltyd uit te rol.
Leerders het in hul skooldrag by die skole opgedaag. Onderwysers en nooddienspersoneel het seker gemaak hulle hou ‘n afstand van 1,5 m tussen mekaar.
Elkeen het ‘n bakkie met ‘n voedsame, warm maaltyd ontvang en is dadelik daarmee huis toe. “Ons kinders is honger en ons is dankbaar dat hulle kos kan kry,” het die skoolhoofde gesê.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'